Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 20 APRIL 2014

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

Hierdie naweek vier ons Paasfees, ‘n belangrike tydperk op die Christen-almanak. Die President Geoff Levey, ZS6GRL, en Raad van die SARL wens al ons luisteraars ‘n geseende Paastyd toe. Aan ons Joodse luisteraars, wat die uittog uit slawerny in Egipte, vanaf sononder Maandag gedenk, ons wense vir ‘n gelukkige feestyd.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTEL

Op Woensdag 16 April het die sleutel van René van Zyl ZS1VR stil geraak.Hy het 'n Jack Twine toekenning in 2005 ontvang.

Ons innige simpatie aan sy vrou en kinders.

(Stilte)

IN DIE NUUS VANDAG:

HAMNET LEWER KRITIESE KOMMUNIKASIENETWERK VIR DIE TWO OCEANS
NUWE ISS DIGITALE VIDEO TEN VOLLE IN WERKING GESTEL
SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUMPROGRAM OP DIE WEB

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

HAMNET LEWER KRITIESE KOMMUNIKASIENETWERK VIR DIE TWO OCEANS

Hamnet Wes-Kaap het hierdie naweek vir die sestiende jaar na mekaar die kommunikasie in die sweefvoertuie gedurende die Two Oceans Marathon hanteer. Die mediese easpekte van die resies is deur Metro Noodbestuur die laaste twee jaar oorgeneem en Hamnet maak deel uit van die reddingsfunksie gedurende die marathon.

16 operateurs beman en bestuur die 9-sitplek voertuie, hanteer snelrespons voertuie en beman die amptelike afsnypunte om die akkuraatheid van tye te verseker. 2 operateur beman die radiostasie by die gesamentlike Operasiesentrum by die Tygerberg hospital se Provinsiale Noodbestuursentrum. Alle operateurs het opspoorstelsels in hulle voertuie en is ten alle tye op die TV muur in die Beheersentrum sigbaar.

"Even though some of the communications during the race between the JOC and the ambulances and response vehicles are handled by the new Emergency Services Computer Aided Despatch system, the value of analogue communication with the sweeps and rovers should not be underestimated", het Dave Reece Adjunk Provinsiale Direkteur van Hamnet, Wes-Kaap gesê.

NUWE ISS DIGITALE VIDEO TEN VOLLE IN WERKING GESTEL

"It is my pleasure to proceed to the Ham Video's functional commissioning. I feel honoured to inaugurate this new amateur radio educational facility which will enhance space conversations between crew members and students. I congratulate ARISS for this acquisition and I wish Ham Video a long life and plenty of successful school contacts” het die ISS stasiebevelvoerder Koichi Wakata, KC5ZTA, gesê met die intydse inwerkingstellingsplegtigheid vanaf OR4ISS aan boord van die Internasionale Ruimtestasie.

Gaston Bertels, ON4WF, is die ARISS Europa se voorsitter en in ‘n verklaring het hy gesê dat om 18:23 UTC op Sondag 13 April Bevelvoerder Wakata die HAM videostelsel in volle werking geplaas het terwyl grondstasies G4KLB, F6DZP, IK1SLD en ander die sein ontvang het. Dit is ook lewendig oord die British Amateur Radio Club's videobediener aangebied. Die hoë kwaliteit digitale sein het omtrent ses minute geduur waartydens Wakate ‘n reeks vrae in die vorm, van ‘n skoolkontak beantwoord en ‘n mikrogolfeksperiment voltooi het.

Die geleentheid is nou aanlyn by verskeie bronne vir almal beskikbaar. Besoek www.hamradio.org.za vir die ISS video.

SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUMPROGRAM OP DIE WEB

Vanaf Maandag sal die volle program van die SA AMSAT Ruimtesimposium wat op Saterdag 24 Mei by die Innovation Hub in Pretoria gehou word by www.amsatsa.org.za beskikbaar wees. Maak gerus gebruik van die afslag vir vroee reakasie!

RADIO HARGEISHA OP DIE 40 METRE BAND

Die IARU Moniteringstelsel nuusbrief dra berig van storings deur radiostasies op die eksklusiewe amateurseksie van die 40 meter band. Die verslag meld dat die oorsprong gespoor is na Radio Hargeisha in Somaliland op 7120 kHz en Khartoum in die Sudan op 7200 kHz. Monitor hierdie twee frekwensies en rapporteer tye wanneer uitsendings in Suid-Afrika gehoor word aan die verantwoordelike Raadslid, Gideon Jannasch, ZS4GJA. Stuur asseblief ‘n verslag oor enige inmenging, verkieslik saam met ‘n audiosnit, aan intruder@sarl.org.za.

LIGANUUS

SARL RAAD STEL BHF/UHF/MIKROGOLFKOMITEE AAN

Die raad van die Suid-Afrikaanse radioliga het ‘n drieman komitee aangestel om algemene bandbeplanning, sowel as herhaler en baken frekwensies op die BHF, UHF en Mikrogolfspektrum te fasiliteer.

Die sameroeper van die komitee is Rassie Erasmus, ZS1YT, bygestaan deur die tegniese vaardige Frik Wolff ,ZS6FZ en Nico Janse van Rensburg, ZS6QL. Alle BHF/UHF/Mikrogolfsake, insluitende aansoeke vir herhaler en bakenfrekwensies moet na die komitee per e-pos by vhf@sarl.org.za verwys word.

WEBWEERGAWE VAN RADIO ZS BIED MEER

Die webweergawe van Radio ZS sal in die toekoms meer inhoud as die gedrukte weergawe bevat. Diagramme sal ook groter en makliker leesbaar wees. Die Maart/April uitgawe is nou op die web beskikbaar. Gaan na www.sarl.org.za en klik op die lede-alleen skakel op die regter boonste hoek van die tuisblad.

Brian Austin skryf oor sy weergawe van die G5RV, genome die ZS6BKW multiband dipool. Dit is die moeite werd om dit te lees en meer nog om dit te bou. Dennis Green, ZS4BS skryf oor SOTA, wat dit is met al die akronieme en Dennis verduidelik "Summits on the air"! "An isolated USB transceiver control with sound card interface" deur Frik Wolff, ZS6FZ is ‘n web alleen artikel. Hierdie is slegs grepe uit wat in die jongste Radio ZS beskikbaar is.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Die sigbare son oppervlakte is oortrek met sonvlekke waarvan ten minste drie genoeg energie huisves vir M-klas fakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 130.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. Daar behoort ook 'n paar 6 m openinge vroeg aand te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

4 May – SARL ZS3 Naelloop
10-11 May – AWA, AM en ESB Kompetisie
15 May – RAE
24 May - SA AMSAT Ruimtesimposium
24 – 25 may – CQ WW DX ESB Kompetisie
25 May – SARL Digitale Kompetisie

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing en 145,650 op die Johannesburg network te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 3 230 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga saamgestel en geredigeer deur Louis Kirstein, ZS1LK.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003